Orange Farm-boere ontvang saailinge

Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Funzi Ngobeni, gaan vandag boere in Orange Farm besoek en saailinge aan hulle uitdeel. Mpumi Edward van die party sê, hulle glo die ondersteuning van boere is deurslaggewend om voedselsekerheid te verseker, ekonomiese ontwikkeling te bevorder en plaaslike gemeenskappe te bemagtig.