Opwindende bokstoernooi in die hoofstad

Die Namibiese boksliefhebbers kan die naweek uitsien na ‘n baie opwindende bokstoernooi wat deur die MTC Salute Boxing Academy gereël word. Die geleentheid sal by die Katolieke kerksaal in die middestad plaasvind. In die hoofgeveg is Namibië se Fillemon Nghutenanye wat sy WBA Pan-Afrika-titel teen Suid-Afrikaner Theo Nxayiphi sal verdedig. Die boks-akademie se kommunikasiebeampte, Jason Naule, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus oor die ander wedstryde.