Opuwo-skool kry uiteindelik matrasse, deur ‘n skenking
Plaaslike media berig dat die Orumana Gekombineerde Skool op Opuwo, wat onlangs in die nuus was, matrasse ontvang het. Die kinders in die koshuis het op kartonbokse geslaap en die wat nie karton gehad het nie, het daarsonder op die beddens geslaap. Die goewerneur van die Kunene-streek, Marius Sheya, het bevestig dat 220 matrasse afgelewer is maar, dat dit ‘n skenking deur Kuzam Investment, wat in die visvangbedryf is, was.