Opuwo dorpsraad waarsku oor losloper-plaasdiere

Die Opuwo dorpsraad het ‘n waarskuwing aan vee-eienaars gerig om geskikte kampe in stand te hou om te verhoed dat hul vee binne die dorp se grense rondloop. Groot hoeveelhede vee, wat insluit bokke, skape, beeste en varke, word tans binne die dorp se grense aangehou. Die dorpsraad se tegniese direkteur, Karui Rikambura, het die situasie as problematies en ‘agterlik’ beskryf. Hy voeg by dat die instandhouding van geskutte diere buitensporig hoog is, want die boetes aan eienaars is te laag en die raad verloor duisende Namibiese dollar om na hierdie diere om te sien.