Opuwo-bankroofgeld aan die kus uitgegee

Dit wil voorkom asof meeste van die gesteelde geld in die Opuwo-bankroof, aan die kus bestee is. Die Engelse dagblad The Namibian, berig dat die streeksbevelvoerder van Kunene, James Nderura dit bevestig het. Die ondersoek na besteding duur voort en ondersoekbeamptes is druk besig aan die kus. Die verdagte, Nico Rebebe is steeds agter tralies en sal weer op 11 April verskyn. Daar is 14 ander verdagtes in die saak. Die staat het hom van diefstal en bedrog van 200 miljoen Namibiese dollar aangekla al sê Bank Windhoek net 2 miljoen dollar is gebuit. Die staat sê hy vermoed ‘n sindikaat se betrokkenheid.