Opuwo-bankroof: Rundu ses na Opuwo oorgeplaas, bank sê dis net N$2m

Die ses mans wat in Rundu in hegtenis geneem is in verband met bedrog wat by Bank Windhoek se Opuwo-tak gepleeg is, is borgtog in die Rundu-landdroshof geweier. Die ses verdagtes sal na Opuwo oorgeplaas word, waar die aanvanklike bedrogsaak geregistreer is, en sal na verwagting op 25 Januarie in die Opuwo-landdroshof verskyn. Bank Windhoek het intussen ‘n beloning van N$20 000 aangebied aan enigiemand wat inligting sal verskaf wat sal lei tot die suksesvolle aankeer van die meesterbrein van die roof, Nico Rebebe. Die bank het ook pas ‘n persverklaring in verband met die rooftog vrygestel. Yanna Smith het die besonderhede.