Optog teen homoseksualiteit landswyd beplan

’n Landwye massabetoging teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land word beplan deur die groep Stop Homosexuality And Same Sex Marriages In Namibia. Hulle organiseer die massabetoging van wat hulle sê alle uithoeke van die land tot in Windhoek. Hulle beplan om by parlementstuine bymekaar te kom en daar te bly totdat die president die Jerry-wetsontwerpe onderteken. Die plan is om op 10 Augustus van alle streke na Windhoek te begin opmars. Die beplande datum om hul petisie met eise te oorhandig is 12 Augustus. Die groep beplan ook om op 13 en 14 Augustus vir twee dae by die parlementstuine te bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voorsitter van die beplanningskomitee, Pendapala Nakathingo.