Optog oor Okahandja Vyf handel oor ‘korrupsie’

NEFF-lid Michael Amushelelo kom onder skoot nadat hy en ‘n handvol protesgangers oor die naweek betoog het vir geregtigheid vir die skietdood van vyf vermeende rowers op Okahandja. Die vyf was blykbaar bekend aan die mag met meer as 24 sake teen hulle. Hulle is in April verlede jaar doodgeskiet na ‘n jaagtog vanuit die hoofstad. Daar is sommige menings dat misdaad so groot probleem geword het dat dit belaglik is om vir geregtigheid vir bendes te betoog. Amushelelo sê dit gaan oor korrupsie.