Optimisme oor voertuigverkope vir res van 2024

Volgens Simonis Storm het voertuigverkope in September altesaam 988 eenhede beloop, wat ‘n afname oor die afgelope twee maande beteken. Deurlopende verkope weerspieël egter ‘n mate van verbruikersvertroue in die mark se potensiële herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, vir ‘n vooruitsig vir die res van die jaar.