‘Opstand’ in Sierra Leone “onder beheer”

Sierra Leone-president Julius Maada Bio sê die meeste van die leiers van ‘n aanval op militêre barakke in die hoofstad Freetown vroeër Sondag is gearresteer. Bio voeg by dat veiligheidsoperasies en ‘n ondersoek aan die gang is om verantwoordelike partye te identifiseer. Die regering het vroeër gesê veiligheidsmagte het soldate afgeweer wat probeer het om by ‘n militêre wapenstoor in Freetown in te breek. ’n Landswye aandklokreël is ingestel.