Opruiming van puin uit brandbeskadigde parlementsgebou gaan begin

Die parlement in die buurland het planne bevestig om volgende maand te begin om puin uit sy brandbeskadigde geboue in Kaapstad te verwyder. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika is opdrag gegee om toesig te hou oor die herbouprojek van twee miljard Suid-Afrikaanse rand. Die parlement hoop dit sal teen September 2025 voltooi wees. Erfenisregulasies kan moontlik die herstelwerk vertraag, aangesien die hele gebied as ‘n graad 1-erfenisterrein verklaar is. Parlementslede is ook ongelukkig oor die kontrakteurs wat vir die taak aangestel is.