Oproepe vir Europese weermag

Die Europese Unie moet sy eie gekombineerde weermag vorm wat ‘n rol kan speel in vredesbewaring en konflikvoorkoming. Dit is volgens die Italiaanse minister van buitelandse sake Antonio Tajani wat aan die Italiaanse koerant La Stampa gesê het dat nouer Europese samewerking op verdediging ‘n prioriteit is vir die Forza Italia-party wat hy lei. In Tajani se mening is ‘n Europese mag nodig as die vasteland ‘n wêreld vredesmag wil wees. Hy sê ook dit is ‘n fundamentele voorwaarde om ‘n doeltreffende Europese buitelandse beleid te kan hê. Europa se sekuriteit is sedert Rusland se inval in die Oekraïne byna twee jaar gelede, op die voorgrond.