Oprah, The Rock skenk aan Maui

Oprah Winfrey en Dwayne Johnson het hande gevat en ‘n fonds vir die inwoners van Maui begin. Die fonds sal regstreekse finansiële bystand aan die inwoners verleen wat onder verlede maand se wegholbrande deurgeloop het. Minstens 115 mense is dood en talle word steeds vermis. Winfrey besit ‘n huis in Maui en Johnson se ma is van Samoaanse afkoms. Die twee het ‘n aanvanklik skenking van 189 miljoen Namibiese dollar tot die fonds bygedra. Die fonds beloof maandelikse hulp van 22 641 Namibiese dollar aan permanente inwoners van Maui ouer as 18 jaar wat deur die fonds se webwerf aansoek doen.