Opposisieleiers in Mosambiek doodgeskiet

Gewapende mans het ‘n Mosambiekse opposisie-advokaat en ‘n party-amptenaar oor die naweek doodgeskiet terwyl spanning toeneem met verkiesingsuitslae wat die week verwag word. Die nuwe opposisieparty Podemos en sy presidensiële aspirant Venancio Mondlane verwerp reeds voorlopige uitslae wat ‘n waarskynlike oorwinning toon vir Frelimo. Die Mosambiekse More Integrity-organisasie sê die aanval het in die Bairro Da Coop-woonbuurt van die hoofstad Maputo plaasgevind, waar Podemos-prokureur Elvino Dias en partyverteenwoordiger Paulo Guambe doodgeskiet is. Human Rights Watch en Mosambiek se Sentrum vir Demokrasie en Menseregte het ook verklarings uitgereik wat die aanval bevestig.