Opposisie in Sierra Leone verwerp verkiesingsuitslae

Sierra Leone se vernaamste opposisieparty het die uitslae van ‘n gespanne presidensiële verkiesing verwerp. Julius Maada Bio van die Sierra Leone’s People’s Party het met net meer as 56 persent van die stem, gewen en sy amp behou. Die voorlopige uitslae toon dat Bio net meer as 1 miljoen stemme op hom verenig het teenoor 800 000 vir die All People’s Congress se hoofkandidaat Samura Kamara. Die All People’s Congress sê die syfers is gekook en dat daar geen deursigtigheid en inklusiwiteit op stemdag was nie. Waarnemers van die Europese Unie het ook hul kommer oor die regverdigheid van die verkiesing uitgespreek.