Oppenheimer wen nog ‘n prys

Die atoom-biorolprent, Oppenheimer, het die topprys verower op die Amerikaanse Vervaardigersgilde-toekennings. Die prent het die Darryl F Zanuck-toekenning vir Uitstaande Vervaardiger van Teaterrolprente gewen. The Bear het die Danny Thomas-toekenning vir Episode-komediereekse gewen; RuPaul’s Drag Race is bekroon met die toekenning vir die Bes-vervaardigde Kompetisie-en-speletjiereeks, en Last Week Tonight with John Oliver het die eerste plek in die Verskeidenheidskategorie behaal. Die toekenning vir Vervaardiger van Dokumentêre Rolprente het aan American Symphony gegaan, terwyl Sesame Street die toekenning gekry het vir Uitstaande Kinderprogram.