Oppenheimer loop voor by BAFTA’s
Oppenheimer is benoem vir 13 BAFTA-rolprenttoekennings, insluitend beste rolprent, hoofakteur vir Cillian Murphy en beste regisseur vir Christopher Nolan. Die rolprent het reeds agt Critics Choice-toekennings en vyf Golden Globes gewen. Poor Things het elf benoemings ontvang, insluitend beste aktrise vir Emma Stone. Killers of the Flower Moon en The Zone of Interest het albei nege benoemings. Ondanks die feit dat Barbie verlede jaar die meeste by die loket verdien het, het sy net vyf benoemings ontvang, net soveel soos Saltburn. Die BAFTA’s word op die 18de van volgende maand in Londen aangebied.