Oppas vir koue in Suide in komende dae!

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir ontwrigtende sneeu in die Wes-Kaap, met sneeuval wat ook in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag word. Intussen word in Namibië koue toestande met ryp in sommige suidelike gebiede verwag. Die binneland sal gedeeltelik bewolkte en koue tot sagte weer in die Karas-streek ervaar, terwyl dit elders sonnig en koud tot warm sal wees, met temperature wat teen die middag tot warm in die noorde sal styg. Die Namibië Meteorologiese Dienste raai inwoners in die suide aan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref teen die naderende koue. Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor het meer.