Oppas vir disinformasie in die verkiesingsjaar!

‘n Gebrek aan finansiering is boaan die lys van joernaliste se bekommernisse in 2024, volgens die jongste Muck Rack-verslag. Ongeveer een derde van die joernaliste wat ondervra is, spreek kommer uit oor “gebrek aan befondsing” en “vertroue in joernalistiek”, dieselfde top drie kwessies as in verlede jaar se Staat van Joernalistiek-verslag. Vertroue in joernalistiek het skerp gedaal en is op ‘n skamele 31 persent. Christie Keulder, ‘n navorser by die Survey Warehouse, sê een van die redes hiervoor is disinformasie. Die publiek moet versigtig wees vir disinformasie, veral gedurende die verkiesingsjaar.