Oppas vir diewe buite banke!

Die Namibiese polisie in die Oshana-streek het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees vir verdagte bewegings en mense by outomatiese tellermasjiene, of wanneer hulle uit ‘n handelsbank kom nadat hulle groot bedrae geld onttrek het. Dit kom na verskeie voorvalle van diefstal by tellermasjiene en buite banke aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, gepraat wat meer inligting gee.