Opname wys gewildste politici
ʼn Onlangse opname van die Maatskaplike Navorsingstigting in die buurland toon dat die voormalige president, Thabo Mbeki, die gunsteling politieke figuur in Suid-Afrika is. Ondanks sy onlangse kritiek op die ANC, strek Mbeki se gewildheid oor rassegroepe heen, met 57,5 persent. President Cyril Ramaphosa het 44,4 persent behaal, wat toegeskryf word aan ekonomiese uitdagings en verhoogde korrupsie. Die opname kyk ook na die gewildheid van ander leiers. In die DA word Helen Zille bo John Steenhuisen verkies en in die EFF loop Julius Malema voor. Mmusi Maimane van Build One South Africa en Herman Mashaba van ActionSA is gewild onder wit ondersteuners.