Opname oor bekostigbaarheid van energie begin

Die energieministerie is besig met ‘n omvattende opname en bekostigbaarheidstudie in samewerking met die Wêreldbank. Dit kom na lynminister Tom Alweendo kommer uitgespreek het oor die bekostigbaarheid van elektrisiteit. Die studie wat landwyd uitgevoer word, het ten doel om sosio-ekonomiese toestande te assesseer, ontwikkelingsbehoeftes te identifiseer en ‘n robuuste bewysbasis vir die formulering van beleide en programme wat gemik is op armoedevermindering te identifiseer. Verder sal dit ook ondernemingsopnames insluit om energietoegang te evalueer in die vervaardigings-, diens- en landbouverwerkingsektore om die vraag te bepaal. Dit sluit op 11 November af.