Opname om voedselsekerheid te bepaal
Die Kantoor van die Eerste Minister van Namibië hou vanaf 3 tot 21 Junie landwyd ‘n lewensbestaans-kwesbaarheids opname. Die opname sal dien as ‘n instrument om beleidsbesluitneming met betrekking tot bestaans-, voedsel- en voedingsekerheid in die land te bepaal. Geselekteerde huishoudings word in al 14 streke besoek met onderhoude wat gevoer sal word. Hellen Likando, die Direkteur van Risikobestuur by die kantoor van die Eerste Minister het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 verskaf.