Oplossings vir beurtkrag op kleinsake gesoek

Die Suid-Afrikaanse minister van kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, onderneem om oplossings te vind om die uitwerking van beurtkrag op kleinsake te versag. Abrahams en die agentskappe in haar departement is dringend besig met ʼn energie-verligtingspakket vir die klein, medium, informele en mikro-sektore. Die woordvoerder van die ministerie, McIntosh Polela, sê talle kleinsake-ondernemings het nie alternatiewe kragbronne nie en word gedwing om op te hou handel dryf gedurende beurtkrag.