Opleidingsplanne vir informele handelaars is uitstekend – DBN

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Suid-Afrikaanse vereniging vir informele handelaars, Saita, in samewerking met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ‘n jaar lange nasionale program aanbied om informele sakeondernemings op te lei in doeltreffende arbeids- en werknemer-verhoudingspraktyke. Die program beoog om sowat 20 000 werkers in die informele ekonomiese sektor oor die volgende jaar te bereik. Die Ontwikkelingsbank van Namibië se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, sê daar is plaaslik programme, maar hulle moet uitgebrei word.