Opleidingskursusse vir Namibiese plaaswerkers

Die Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging sê daar word beplan om ‘n reeks opleidingskursusse vir Namibiese plaaswerkers aan te bied. Dit sluit in vir basiese plaasbestuur, veeproduksie vir beeste, skape, bokke, varke en pluimvee en basiese haasboerdery, hidroponiese gewasverbouing en akwa-kultuur, akkerbou en byeboerdery. Danie van Vuuren van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus Agra ProVision sal die kursusse ook by boereverenigings volgens behoefte aan te bied.