Opleiding vir Ugab-gebied toergidse… vir die olifante

Verhoogde toerisme in die Ugab- en Huabrivierstreke lei tot kommer oor gedragsveranderinge van woestynaangepaste olifante. Met die doel om etiese en verantwoordelike toerisme in die area te bevorder, fasiliteer Elephant-Human Relations Aid, Ehra, in samewerking met Tourism Supporting Conservation, Tosco, ‘n werkswinkel vir veldgidse van omliggende lodges in die Ugabrivier-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Rachel Harris, die besturende direkteur van Ehra, oor die opleiding gesels.