Opleiding vir kleinsake begin volgende week

SMEs Compete sal vanaf 23 Januarie tot 2 Februarie opleiding in sakevaardigheidsontwikkeling in Windhoek, Walvisbaai en Oranjemund aanbied. Die kursusse is belangrik aangesien dit deelnemers se algemene prestasie verbeter en hulle leer wat hulle moet weet om sukses te behaal, vaardighede te verbeter en nuwe sterkpunte uit te lig sodat die kwaliteit van hul werk kan verbeter. Die opleiding sal fokus op programme soos kosteberekening en prysbepaling, en tender vir resultate. Kosmos 94.1 nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels oor die belangrikheid van die opleiding.