Opleiding oor dwelmmisbruik vir opvoeders

Tshwane sê die gemeenskapsgeoriënteerde program teen dwelmmisbruik in samewerking met die Universiteit van Pretoria maak ʼn verskil en bemagtig individue. Altesaam 30 opkomende ouderdomsgroep-opvoeders in Eersterus is onlangs opgelei oor die gevare van dwelmmisbruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê die program wat op wetenskaplike bewyse gebaseer is, wil die skadelike uitwerking verminder deur dwelmmisbruik in Tshwane te bekamp: