Opkomende gholfspeler veg om sy oog te behou
ʼn Opkomende Australiese gholfspeler wat vandeesmaand sy debuut in die Amerikaanse PGA-toer gemaak het, veg om sig in sy oog te behou nadat ʼn bal hom tydens ʼn pro-am-toernooi getref het. Die 20-jarige Jeffrey Guan is by ʼn toernooi naby Sydney in die gesig getref en per lug na die hospitaal gehaas vir ʼn operasie. Guan het onlangs ʼn ooreenkoms onderteken met dieselfde bestuursmaatskappy wat die major-wenners Jon Rahm en Phil Mickelson verteenwoordig. Hy het ʼn borgskap-uitnodiging ontvang na die PGA-toer se Procore-kampioenskap wat hierdie maand in Kalifornië plaasvind.