Opknappings by Katutura-hospitaal vorder

Opknappings aan die Katutura-staatshospitaal se nood-eenheid duur al vir ‘n maand voort en daar is vordering. Die Namibiese gesondheidsministerie, die Motorvoertuig-ongelukkefonds en Standard Bank Namibië het in April verlede jaar die Katutura-staatshospitaal se noodeenheid-opknappings-inisiatief van stapel gestuur maar dit het eers vanjaar begin. Die Katutura-staatshospitaal het die grootste en besigste noodeenheid in die land en funksioneer as die hoofverwysings-noodeenheid in die land. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, hoop dat meer private maatskappye aan boord sal kom met die projek.