Opknapping sluit Lesotho Hoogland-tonnelstelsel
Die Lesotho Hoogland-waterprojek tonnelstelsel sal vanaf die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar ses-maande gesluit wees vir noodsaaklike instandhoudingswerk. Die sluiting, wat die watergebruikers van die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel raak, sal Suid-Afrika se watervoorsiening langs die Liebenbergsvleirivier in die Vrystaat beïnvloed. Die Departement van Water en Sanitasie verseker daar is planne gemaak om watertoevoer na gebiede wat geraak word, te verskaf.