Opium-produksie in Mianmar skiet die hoogte in

Opium-produksie in Mianmar het tot ‘n hoogtepunt van nege jaar gestyg. Die VN sê byna 795 metrieke ton is in 2022 geoes, byna dubbel die produksie van 2021, die jaar van die militêre staatsgreep. Die VN glo dit word gedryf deur ekonomiese onsekerheid, tesame met hoër wêreldpryse vir opiumhars wat gebruik word om heroïen te maak. Die streek waar dit aangeplant word en waar die grense van Mianmar, Thailand en Laos bymekaar kom – die sogenaamde “Goue Driehoek” – was histories ‘n groot bron van opium- en heroïenproduksie.