NASA se aansoeke vir nuwe ruimtevaarders is nou oop.
Potensiële ruimtevaarders het minder as ‘n maand om hul aansoek by die Amerikaanse ruimte-agentskap in te dien, wat waarsku dat ‘gereelde reis een van die vereistes is’. Nuwe ruimtevaarders sal opleiding en ‘n evalueringstydperk van twee jaar moet ondergaan asook ‘n reeks fisiese vereistes moet slaag. Aansoekers moet Amerikaanse burgers wees met ‘n Meestersgraad in […]
As jou troeteldiere kon praat, wat sou hulle sê?
Dit klink soos die storielyn van ‘n nuwe Disney-rolprent, maar kenners voorspel KI sal mense toelaat om met huishoudelike troeteldiere, en selfs wilde diere, te kommunikeer. Navorsers regoor die wêreld gebruik ‘digitale bio-akoestieks’ of te wel klein, draagbare, digitale opnemers om die geluide en gedrag van diere vas te vang wat te sag of genuanseerd […]
Die gelukkigste lande is ook die beste plekke vir vroue
Die lande wat die gelukkigste is, is ook geneig om hoër vlakke van geslagsgelykheid te hê. Die Verenigde Nasies se netwerk vir oplossings vir volhoubare ontwikkeling maak elke jaar die World Happiness Report bekend, ‘n lys wat bepaal watter lande in die wêreld die gelukkigste is. In die jaarlikse lys van die gelukkigste lande ter […]
Australiese plaas verbou die wêreld se grootste bloubessie
’n Australiese plaas het die rekord vir die wêreld se grootste bloubessie verpletter met ’n vrug so groot soos ’n tafeltennisbal. Die monster is in November gepluk en in ‘n vrieskas gebêre. Die monster bloubessie was amper 4cm breed en het 20,4 g geweeg, ongeveer 10 keer meer as die gemiddelde bloubessie. Die titel is […]
Herdenk vandag Wêreld-slaapdag
Vandag is Wêreld-slaapdag, wat fokus op die belangrikheid van goeie gehalte slaap vir die algehele welstand van mense. Vanjaar se tema is Gebalanseerde Slaap vir Wêreldgesondheid. Volgens die Amerikaanse Slaapvereniging ly meer as 50- tot 70-miljoen mense aan een of ander soort slaapversteuring. Die Wêreldslaapvereniging sê mense word aangemoedig om na hul slaappatrone te kyk en […]
Rooi, geel, groen… en wit? Studie beweer die toevoeging van ‘n vierde verkeersligkleur kan opeenhopings iets van die verlede maak
Verkeersknope steel daagliks ons tyd. Maar die dae van stilstaan in spitstyd kan dalk iets van die verlede wees as stede ‘n vierde kleur by hul verkeersligte byvoeg. Navorsers van North Carolina State University, beweer dat vertragings by verkeersligte met meer as 25 persent verminder kan word deur ‘n ‘wit’ lig by te voeg. In […]
Meow. ‘n Vrou wat identifiseer as ‘n hond!
Die sosiale media-ster, wat haarself Meow noem, identifiseer as ‘n Dalmatian-hond en stroom gereeld op die spelplatform Twitch. Sy sê sy slaap in ‘n krat, eet hondebederfies en het selfs ‘hanteerders’ wat na haar omsien. Meow sê: “Ek het pastelkomberse en pastelkussings, en dit laat my veilig voel om in ‘n klein beperkte spasie te […]
4 000 jaar oue lipstiffie wat in Iran ontdek is, is glo die oudste ter wêreld
Terwyl grimeringneigings oor die afgelope 4 000 jaar baie ontwikkel het, bewys ‘n onlangse studie glo dat die eeue oue gesegde waar is: Die skoonheid van ‘n rooi lip is tydloos. Navorsers het glo die wêreld se oudste lipstiffie, of lipverf, geïdentifiseer. ‘n Klein, versierde klipflessie wat ‘n dieprooi pasta bevat, is in die suid-ooste […]
Maak honde gewoont aan vreemde gesigskenmerke
‘n Britse gidshond-opleidingsliefdadigheid vra mense met uitsonderlike gesigskenmerke om te help om jong honde daaraan gewoond te maak. Navorsing toon amper twee-derdes van die honde reageer met vrees of verwarring op kenmerke waaraan hulle nie blootgestel was nie. Sky News berig die organisasie vra vrywilligers met baarde, snorre, Mohawk-haarstyle met helder kleure, gesigsdeurborings en -tatoeëermerke om na […]
Beyoncé maak die titel van haar komende country-album bekend
Die musiekikoon het onthul haar komende country-album se titel is “Cowboy Carter”. Beyoncé het die titel op haar amptelike webtuiste bekend gemaak, waar die hoofbladsy ‘n perdesaal wys met ‘n rooi, wit en blou serp wat lees “Country Carter”. Beyoncé se aanhangers was reeds in Februarie vanjaar verras met twee enkelsnitte van die album, “Texas […]