Mark Zuckerberg bederf homself voor sy 40ste verjaardag
Mark Zuckerberg het homself net voor sy 40ste verjaardag met ‘n megaseiljag van US$300 miljoen (sowat N$5,6 miljard) bederf. Die seiljag genaamd ‘Launchpad’ is ‘n verbysterende 117-meter lange vaartuig en is by Port Everglades in Fort Lauderdale gesien dryf, nadat dit vroeër vandeesweek by sy tuiste aangekom het. Daar word berig dat die luukse seiljag […]
Aaron Taylor-Johnson is volgens berigte gekies as die volgende James Bond
Bekend vir rolle in rolprente soos “Kick-Ass” en “Avengers: Age Of Ultron”, het die 33-jarige akteur blykbaar nog nie die ikoniese rol amptelik aanvaar nie, maar ‘n bron het aan die Britse poniekoerant, “The Sun”, gesê: “Bond is Aaron se werk, sou hy die rol aanvaar”. Die bron het bygevoeg: “Die amptelike aanbod is op […]
Amerikaanse wetenskaplikes beweeg al nader aan ‘n oefeningspil wat al die voordele van oefen bied sonder om ‘n spier te beweeg
Die medisyne kan die fisieke hupstoot van ‘n oefensessie naboots en moontlik toestande soos vetsug en spieratrofie behandel. Dit kan ook ouderdomverwante toestande soos demensie, hartversaking en dalende nierfunksie afweer. Na dekades se werk het wetenskaplikes aan die Washington Universiteit ‘n verbinding met die naam SLU-PP-332 ontwikkel wat gespesialiseerde proteïene aktiveer, bekend as estrogeenverwante reseptore, […]
Leslie Livesay aangewys as die eerste vroulike adjunkdirekteur van NASA se ‘Jet Propulsion Laboratory’
Leslie Livesay begin die week haar ampstermyn as adjunkdirekteur van NASA se ‘Jet Propulsion Laboratory’ (JPL). Sy is die eerste vrou wat hierdie hoogs-aangeskrewe posisie sal vul. Sy volg Larry D. James op, wat sedert September 2013 as adjunkdirekteur gedien het. Gedurende ‘n loopbaan wat oor meer as 37 jaar by die JPL strek, het […]
Chinese jongmense raak kreatief
Jong mense in China sukkel al hoe meer in die arbeidsmark en wend hulle na ‘n onwaarskynlike plek vir werk: Tinder. Jade Liang, ‘n Meestersgraadstudent in Sjanghai, het besluit om haar rekening op die maatsoek-toep af te stof nadat sy sonder sukses by meer as 400 poste aanlyn aansoek gedoen het. Sy het dit voorheen […]
Kan vroue regtig alles hê? Nee, sê Lily Allen.
“My kinders het my loopbaan verwoes. Ek is lief vir hulle, maar in terme van popster wees het hulle dit totaal verwoes,” sê Lily Allen. Die “om alles te hê” mite duur voort en is ‘n sê-ding wat in die 1980’s geskep is, en was ook die titel van ‘n selfhelpboek vir vroue wat min met […]
Seldsame Beatles Meestersplaat gevind…
’n Seldsame Beatles-plaat wat in ’n Londense liefdadigheidswinkel gevind is, is vir meer as £4 200 (sowat N$102 000) opgeveil. Winkelbestuurder Jaime-Marie Madden, wat by ‘n Cancer Research UK-liefdadigheidswinkel in Enfield, Noord-Londen werk, het die plaat gevind, wat sy aanvanklik gedink het ‘n paar honderd pond werd was. Dit was in werklikheid die eerste uitgawe […]
Asiatiese olifante begrawe hul dooies, volgens ‘n nuwe studie
Navorsers in Indië het vir die eerste keer vasgestel dat Asiatiese olifante hul dooie kalwers begrawe. Vyf kalwers is gevind wat op hul rug begrawe is in dreinering-slote in teetuine in die noorde van Bengale. Terwyl dit bekend is dat Afrika-olifante dooie kalwers begrawe, is dit die eerste keer dat die gedrag by Asiatiese olifante […]
Rof, rowwer, slanggif
Die Indiese YouTuber Elvish Yadav is gearresteer en word aangehou omdat hy na bewering slanggif as partytjiedwelm verskaf het by kopskud partytjies of te wel raves. Elvish, wat 15 miljoen YouTube-volgelinge aanlyn het en ook ‘n realiteits-TV-ster is, word tans aangehou ingevolge die land se regulasies rakende wildlewe. Daar is toegeslaan op ’n partytjie wat hy […]
Man hou troetelkrokodil aan in swembed – laat kinders saam swem
‘n Man in New York het ‘n sieklike krokodil as ‘n troeteldier in ‘n swembad in sy agterplaas aangehou, en lede van die publiek toegelaat om saam met hom in die water te klim om die enorme dier te vertroetel. Owerhede het toegeslaan op die perseel in Buffalo, New York, waar die 30-jarige reptiel onwettig […]