Jou voete kan jou ryk maak…

Wanneer jy aan bekende kunswerke dink, waaraan dink jy eerste? Miskien is dit Leonardo da Vinci se onvergeetlike Mona Lisa of Vincent van Gogh se ikoniese Sonneblomme. Maar nou het een vrou se ongelooflik eienaardige gallery opslae gemaak op sosiale media – en sy gebruik slegs… haar tone. Ja, glo dit of nie, haar ‘gereedskap’ […]

Read More

Dinosourus-koning met ‘n kroon

Wetenskaplikes het ‘n 78 miljoen-jaar-oue dinosourus ontdek met ‘n spoggerig hoofbedekking. Paleontoloë het ‘n nuwe dinosourus-spesie genaamd Lokiceratops geïdentifiseer. Met ‘n lengte van ongeveer 6,7 meter het dit ongeveer 5 metrieke ton geweeg. Die plantvretende dinosourus het aan die centrosaurines-groep behoort en dateer van 78 miljoen jaar gelede terug. Die bevindings is gebaseer op toets-monsters […]

Read More

Manne, dames… wat dink julle?

Bugatti spog met sy eerste elektriese motor. Dit het ʼn topspoed van sowat 445 km/h en kom teen ʼn allemintige prys van meer as N$71 miljoen. Bugatti sê die Tourbillon-motor is nou in ʼn “toetsfase” en aflewerings van die beoogde 250 motors sal in 2026 begin.

Read More

Verveelde wetenskaplikes maak nuwe woorde op

Verveelde wetenskaplikes in Antarktika het hulself in die geheim begin vermaak deur ‘n hul eie weergawe van die Engelse taal te skep met nuwe woorde. Die klomp is in die middel van nêrens en het ‘n hele paar interresante terms soos: Hulle noem ‘n helder blou lug ‘n “dingle day”, en om vir ‘n “gonk” […]

Read More

Kyk: Hier is die lelikste hond in die wêreld!

ʼn Agt-jarige Pekinees genaamd Wild Thang het die 2024 “Wêreld se lelikste Hond”-kompetisie in Kalifornië gewen. Die dier het al vyf keer aan die kompetisie deelgeneem en drie keer tweede gekom voordat hy uiteindelik vanjaar die wenner was. Wild Thang het as babahondjie die gevreesde hondesiekte gekry. Hy het gesond geword, maar permanente fisiese skade opgedoen. Hy en […]

Read More

Oud maar definitief nog nie koud

Vera Wang gaan voort om aanhangers te verstom met haar tydlose voorkoms. Die trourok-ontwerper verjaar op 27 Junie en word 75. Vera Wang het die geheime van haar fontein van jeug onthul: Werk, slaap, ‘n vodka-skemerkelkie en nie te veel son nie. Fotos verskaf.

Read More

Vogue Duitsland vereer Holocaust-oorlewende

‘n 102-jarige Holocaust-oorlewende wie se familie by Auschwitz vermoor is, is die voorbladster vir die Julie/Augustus-uitgawe van Vogue Germany. Margot Friedländer, née Bendheim, is in Berlyn gebore in 1921. Volgens ‘n kort biografie op die webwerf van Berlyn se Joodse Museum, het Friedländer die vroeë deel van die oorlog saam met haar ma en jonger […]

Read More

Wyn gevind wat meer as 2 000 jaar oud is

Argeoloë het ‘n kruik met wyn gevind wat meer as 2 000 jaar oud is, wat dit volgens navorsers die oudste wyn maak wat nog ooit ontdek is. Die kruik is gevind in ‘n Romeinse graf in Carmona, Spanje, wat argeoloë die eerste keer in 2019 ontdek het. In ‘n studie wat op 16 Junie […]

Read More

​Queen stem vir een ​​miljard pond-transaksie om musiek-katalogus te verkoop

Queen het glo ‘n £1 miljard-ooreenkoms gesluit om sy musiek-katalogus aan Sony Music te verkoop. Die “Bohemian Rhapsody”-groep – wat steeds stigterslede Sir Brian May en Roger Taylor insluit – is al jare in gesprek oor die verkoop van hul katalogus van liedjies en albums, en nou word geglo daar is ‘n ooreenkoms op hande. […]

Read More

Kersies ouer as 250 jaar

Tientalle bottels kersies en bessies, tydloos bewaar in bottels in die kelder van George Washington se herehuis op die oewer van die Potomacrivier, is ontdek tydens argeologiese opgrawings wat aan ‘n restourasieprojek gekoppel is. Jason Boroughs, Mount Vernon se hoofargeoloog, het gesê die ontdekking van soveel perfek gepreserveerde kos van meer as 250 jaar gelede […]

Read More