Prinses Anne is uit die hospitaal ontslaan na behandeling van kopbesering
Prinses Anne, suster van koning Charles, is vandag uit die hospitaal ontslaan nadat sy vir ‘n ligte kopbesering en harsingskudding behandel is. Die Princess Royal (73) is Sondag hospitaal toe geneem nadat sy vermoedelik deur ‘n perd op haar Gloucestershire-landgoed beseer is. Haar man, vise-admiraal Sir Tim Laurence, het in ‘n kort verklaring hospitaalpersoneel bedank […]
Te perd vir die Glastonbury-fees
Shania Twain beplan om op ‘n gallop aan te kom vir haar buiging by Glastonbury deur te perd die Pyramid Stage te bestyg. Die ikoon van country-musiek volg in die voetspore van Dolly Parton, Diana Ross en Johnny Cash wanneer sy Sondag optree in die vooraanstande legendes-afdeling. Die Kanadese sanger het aan BBC Breakfast gesê […]
Country-ster George Strait breek die bywoningsrekord met die grootste konsert wat nog ooit in die VSA gehou is
Die Texas-boorling George Strait het ‘n bywoningsrekord opgestel vir ‘n konsert in die Verenigde State van Amerika, wat voorheen gehou is deur die groep Grateful Dead, wat 107 019 aanhangers by hul 1977 vertoning by Raceway Park in New Jersey gehad het. Strait se vertoning het ook ‘n nuwe rekord opgestel vir Texas A&M Kyle […]
Oudste tweeling in die wêreld
Twee Japannese susters is bevestig as die wêreld se oudste lewende identiese tweeling op die ouderdom van 107. Umeno Sumiyama en Koume Kodama, is gebore op 5 November 1913. Hulle is op Shodo-eiland, Kagawa-prefektuur, gebore in ‘n gesin van 13. Die twee woon nou in aparte versorgingshuise. Toe hulle gebore is, was om ’n tweeling […]
Elvis Presley se ikoniese blue suede shoes word opgeveil
Elvis Presley se ikoniese blue suede shoes sal na verwagting môre op ‘n veiling by Henry Aldridge & Son in Wiltshire omtrent 2,7 miljoen Namibiese dollar oplewer. Die Amerikaanse sanger het in die 1950’s die beroemde skoene gedra en hulle weggegee die aand voor sy aansluiting by die Amerikaanse weermag. Elvis het die skoene gekry nadat hy vir sy […]
Kosmos 94.1 Ruimtefoto van die week: Pragtige beeld van protostellêre uitvloei gevind in die Serpens-newel
Vir die eerste keer is ‘n verskynsel wat sterrekundiges lankal gehoop het om direk vas te vang, nou vasgevang deur die NASA/ESA/CSA James Webb-ruimte-teleskoop se Near-Infra Red Camera. In hierdie pragtige beeld van die Serpens-newel lê die ontdekking in die noordelike gebied van hierdie jong, nabygeleë stervormende streek. Die sterrekundiges het ‘n interessante groep protostellêre […]
Is jy op soek na ‘n nuwe avontuur ?
Geleë op Goudier-eiland is die wêreld se mees afgeleë openbare poskantoor – in Port Lockroy, deel van die Britse Antarktiese gebied. Die werkers in Port Lockroy deel hul huis met meer as duisend pikkewyne. Port Lockroy, wat op 11 Februarie 1944 gestig is as deel van Operasie Tabarin, ‘n hoogs geheime oorlogstydsending om territoriale aansprake […]
Oefenmaats word sosiale media sensasie
Dié twee ongewone vriendinne het vroeg in Junie saam begin draf en het intussen sosiale media-gebruikers aan die gons met hulle drafsessies. Maar hoe het die twee ontmoet… Maryke het verby die huis in Pretoria gedraf waar Nesta werk as huiswerker. Toe Maryke weer sien, draf Nesta langs haar. Nesta het toe gevra kan sy […]
Hierdie klink na ‘n groot avontuur
Lasse Stolley was op soek na ‘n verandering in sy lewe nadat ‘n beplande vakleerlingskap deur die mat geval het. So byna twee jaar gelede het die tiener op Duitse treine begin woon. Met die vertrek op die epiese reis in Augustus 2022, het hy ‘n verbysterende 650 000 kilometer alreeds afgelê, gelykstaande aan meer […]
Elon Musk word pa… vir die 12de keer
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het hierdie jaar stilweg by sy kroos bygedra. Berigte dui daarop dat hy ‘n nuwe kind by Shivon Zilis, ‘n hooggeplaaste bestuurder by Neuralink, verwelkom het. Besonderhede rondom die pasgebore baba, soos die baba se naam en geslag, is nog nie bekend gemaak nie.