Ophoping by Bots-grens, vervoerders sit met hulle hande in hul hare

Vervoerders in Namibië sit met hulle hande in hul hare. Die Botswana Verenigde Inkomstediens het bevestig dat die gebruik van transitokode 9999 vir gekonsolideerde vrag amptelik op 10 November tot ‘n einde gekom het. Hierdie stap, wat daarop gemik is om in lyn te kom met internasionale handelstandaarde, vereis dat alle vragoperateurs die Unieke Besendingverwysing vir transito-verklarings moet aanvaar. Logistieke operateurs het egter kommer uitgespreek oor uitdagings by grensposte, insluitend Mamuno, wat hulle bedrywighede ontwrig. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit, het aan Kosmos 94.1 Nuus die probleem uitgewys.