Opheffing van grondbelasting steeds in die nuus

Die opheffing van grondbelasting van 2 miljoen Namibiese dollar bly in die nuus. Volgens die Engelse dagblad The Namibian, wou die minister van grondhervorming Utoni Nujoma nie veel daaroor sê nie behalwe om die joernalis hel toe te stuur. Die koerant sê die opheffing bring groot voordele vir name soos Nujoma, Lazarus Jacobs, McHenry Venaani, Richard Kamwi, Monica en Sonja Thieme, Vetumbuavi Mungunda en Mike Konjonokere.