Operasie Shanela keer 339 verdagtes aan

Minstens 339 verdagtes is van Maandag tot gister weens verskeie oortredings in Mamelodi-Wes in Tshwane in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê dit sluit in 80 mense wat weens geslagsgeweld aangekeer is, een in verband met moord, vier vir poging tot moord en tien weens verkragting. Hy sê die verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.