Operasie Genesis trek 30 Angolese in Oshikoto vas

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek het meer as 30 Angolese burgers in aanhouding geneem en verskeie verkeersboetes uitgereik sedert die begin van Operasie Genesis. Die operasie het ten doel om misdaad en padongelukke in die streek hok te slaan en die handhawing van wet en orde in dorpe en landelike gebiede te verskerp. Die hoof van die operasie, adjunk-kommissaris Wynand Neels, sê die mag sal voortgaan om sporadiese padblokkades regoor die streek op te rig om algehele nakoming van padverkeersreëls te verseker. Ander fokus-areas is die vervoer van vee en onwettige immigrante. Operasie Genesis duur voort tot die einde van die maand.