Opera-aand op Internasionale Vrouedag
Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier, en die Franco Namibiese Kultuursentrum en die Nasionale Teater van Namibië nooi die publiek na ’n opera-aand saam met die Ndjiki Ono-duo. Die duo bestaan uit die pianis Kaoli Ono en operasangeres Cyrielle Ndjiki Nya. Hulle sal op Vrydag, 8 Maart om 7-uur die aand ‘n voordrag van Franse opera- en kabaretliedjies by die teater uitvoer. Kaartjies is op Webtickets beskikbaar teen 250 Namibiese dollar. Desiree Mentor, die skakelbeampte by die Nasionale Teater van Namibië, het meer vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.