Openbare werke moet 28 brûe in KwaZulu-Natal bou
Vier distrikte in KwaZulu-Natal het die departement van openbare werke versoek om 28 brûe te bou na verlede maand se verwoestende vloede. Die ramp het meer as 400 lewens geëis en meer as 100 000 mense dakloos gelaat. Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê die projekte is gemik om met die verwydering van modder te help en vir die skepping van werksgeleenthede vir die Uitgebreide Openbare Werke-program.