Openbare ondernemings draai in NV
Namibië het ’n groot aantal openbare ondernemings wat weens swak bestuur, korrupsie en politieke inmenging nie na wense presteer nie. Baie van hulle word bestuur deur amptenare wat nie die nodige kundigheid en ervaring het om komplekse organisasies doeltreffend te bestuur nie. Doeltreffende bestuur van openbare ondernemings is egter van kardinale belang om te verseker dat hulle doeltreffend funksioneer om in die behoeftes van Namibiërs te voorsien. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die Nasionale Vergadering gesê dit is hoog tyd dat die regering die manier waarop openbare ondernemings werk evalueer.
Vries sê Fishcor en Namcor skets ‘n duidelike prentjie van die huidige situasie waarin openbare ondernemings hulle bevind.