OP Rugbyunie moet nuwe leiers verkies: SA Rugby

Rugby: SA Rugby raai die Oostelike Provinsie Rugbyunie aan om ag te slaan op sy vroeëre advies om binne 21 dae ‘n spesiale algemene vergadering te hou om ampsdraers vir die unie te verkies.  SA Rugby het aan die unie geskryf en sy standpunt herbevestig na ‘n hofbevel op 4 Junie wat die verkiesing van Gerald Antonie en Roger Serfontein as onderskeidelik president en adjunkpresident ongeldig verklaar. Die hofbevel het die posisie van president, adjunkpresident en voorsitter van afrigting en ontwikkeling vakant gelaat.