Op die spoor van swart renoster subspesie

Navorsers en bewaringbewustes in Tanzanië is op soek na ‘n subspesie van die swart renoster, Diceros bicornis minor, in een van Tanzanië se grootste parke, die Nyerere Nasionale Park. Die spesie, groter as die swart renoster wat plaaslik voorkom, is vantevore in Oos-Afrika geïdentifiseer maar verskyn en raak dan weer weg. Die laaste keer van die spesie gewaar is was in 2017. Die renoster is volgens berigte ‘n koei, en sy het ‘n kalf. Owerhede in Tanzanië sê die park, wat meer as 50 000 vierkante kilometer groot is, is baie ruig en dus, is dit nie so verrassend om so groot dier vir so lank mis te kyk nie. Owerhede werk op die oomblik hard om haar te vind en om te bepaal of daar dalk nog van die diere in die gebied is.