Ooste se water-situasie ‘kritiek’

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die Ooste se totale bronne op 3,8 persent met die Otjiverodam op 5,2 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 15,2 en 8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die Gobabis-dorpsraad, Frederick Ueitele, gepraat wat sê dat hulle situasie kritiek is en hy vra die gemeenskap om te begin water bespaar.