Ooste se damme nou net 2,8% vol

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 17,5 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,4 persent na water van Swakoppoort, wat op 34,1 persent staan, oorgedra is. Omatako is amper leeg op 0,1 persent. In die Suide is Hardap op 11,5 persent met 657 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 45,5 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 41,7 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 2,8 persent met die Otjiverodam op 3,9 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 5,5 en 2,7 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam op 38,5 persent.