Oos-Kaapse premier verwag meer as 80% matriekslaagsyfer

Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, is optimisties dat die matriekslaagsyfer vir 2023 hoër as 80 persent sal wees. Bykans 100 000 leerders het die Nasionale Senior Sertifikaateksamen in die provinsie afgelê. Die basiese onderwys-minister, Angie Motshekga, sal die nasionale uitslae Donderdag vrystel. Mabuyane prys die samewerkende pogings van leerders, onderwysers en bestuur vir die verwagte positiewe uitkoms. Hy het aan die SABC die samewerkende verbintenis uitgelig om ʼn lofwaardige slaagsyfer in die provinsie te behaal.