Oos-Kaapse kinders ‘n maand sonder etes 

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor berigte oor leerders in die Oos-Kaap wat vir ‘n maand sonder etes was weens vertragings met die toewysing van fondse. Die kommissie waarsku hierdie situasie is moontlik ‘n skending van leerders se reg tot basiese voeding. Die kommissie sal die toewysing van fondse aan die betrokke skole monitor. Die provinsiale bestuurder, Eileen Carter, sê die kommissie doen ook ondersoeke om nakoming van die betrokke owerhede te verseker: